Oor Ons
Eden Tuindienste spesialiseer in die instandhouding van tuine en tuinverwante dienste.
Die besigheid is geleë in Stilbaai, ‘n baie gewilde, prentjiemooi kusdorpie in die middel van Hessequa in die Wes-Kaapse Tuinroete. Ons werk egter nie net in Stilbaai nie, maar ons besigheidsgebied sluit ook Jongensfontein, Melkhoutfontein en direkte omgewings in.
Eden Tuindienste in Wese
Eden Tuindienste verskil in sekere opsigte van die gebruiklike tuindienste-onderneming. Ons fokus is meer op instandhouding van grasperke, oplossing van boomprobleme, asook opruiming en verwydering van tuinvullis. Verder maak ons plaveisel en geute skoon, en verskuif hout tuinstrukture soos klimrame en boomstompe.
Kliënte kan natuurlik van slegs een van ons dienste gebruik maak, of hulle kan dienste kombineer, eenmalig of op ‘n maandelikse basis. Ons sluit graag kontrakte met gereelde Kliënte, hetsy privaat persone, (soos huiseienaars of eienaars van vakansiehuise) of besighede, of woonkomplekse, bv. Plattebosch Landgoed en Stilwaters Aftreeoord.
Vanselfsprekend beskik ons oor die nodige toerusting, gereedskap, voertuie en kennis, asook vaardighede om ons besigheid vinnig, doeltreffend en professioneel te bedryf.
Ons lewer ons hoë kwaliteit werk met trots, en teen billike pryse, aan al ons Kliënte.
Ons Dienste
Instandhouding van Grasperke
Grasperkdienste behels
- Sny van die gras, asook die rande.
- Bedekking van jou grasperk met bogrond (wat ons kan verskaf)
- Bemesting van jou grasperk met kompos (wat ons kan verskaf)
- Onkruidbeheer sodat die gras nie ontsier word deur onooglike onkruid nie.
Of dit grasperke in residensiële gebiede of woonkomplekse, of groot grasperke by besighede of openbare plekke is, ons hou dit graag in stand.
Kontak Eden Tuindienste vir enige van die grasperkdienste, hetsy afsonderlik, of gekombineerd. Ons span wil jou graag help!
Hantering van Boomprobleme
Wanneer bome in jou tuin jou hoofbrekens besorg…
- Sukkel jy om die bome in jou tuin in toom en gesond te hou?
- Staan daar dalk ‘n dooie boom in jou tuin wat wag om op jou huis om te val?
- Dalk het dit reeds omgeval en jy soek iemand om dit te verwyder?
- Is daar miskien ‘n ongewenste boom wat jou dreineringsisteem beskadig?
- Soek jy dalk na iemand om dooie takke te kom afsny in jou pragtige skaduboom?
Eden Tuindienste hanteer enige soort boomprobleem
- Ons snoei oorgroeide bome terug sodat dit weer netjies lyk.
- Verder kap ons probleembome af soos dooie of ongewenste bome.
- Ons verwyder afgsnyde takke en afgekapte bome.
Hoekom so sukkel as ons kan help?
Laat Eden Tuindienste jou boomprobleme oorneem. Boek ons kwaliteitdienste vandag nog!
Snoei van Heinings
Eden Tuindienste se span snoei enige heining terug sodat dit weer mooi in vorm is, die bokant, sowel as die sykante net soos jy dit wil hê.
Verwydering van Tuinvullis
Niks soos 'n hoop tuinvuilgoed om slange, knaagdiere en ander pestilensies te huisves nie! Laat ons dit liewer vir jou kom verwyder.
Instandhouding van Tuinrandjies
Ons maak die bestaande beddingrande weer netjies, ons maak oues oor en ons maak nuwe beddings waar jy dit graag wil hê.
Verwydering Van Droë Blare
Met ons tuinblaser speel ons gou klaar met daardie droë blare wat oral rondlê en die erf ontsier. Vra ons om dit gou vir jou te kom optel.
Opruiming Van Vullisplekke
Mense is geneig om vuilgoed al om die vullisblikke te gooi in openbare piekniekplekke. Kry ons om dit gereeld op te ruim en te verwyder.
Afkap van Bossies en Onkruid
Sukkel jy met onkruid en bossies wat oorgeneem het op jou erf? Ons kap dit tjoeftjaf af met ons onkruidkapper en verwyder dit sommer ook.
Aanvullende Dienste
Ons bied ook enkele dienste aan wat nie regtig tuinverwant is nie, maar tog ook by tye ‘n probleem vir huiseienaars kan wees.
Aangesien Eden Tuindienste reeds oor die nodige voertuie, toerusting, kennis, en vaardighede beskik, het ons dit goed gedink om dit by ons lys van dienste te voeg.
Daar is min sin in ‘n netjiese, pragtige grasperk en tuin as onkruid en mos die plaveisel oorgeneem het. Meer nog, as allerhande grillerige onkruid in jou geute groei!
So, skakel ons vandag nog vir ‘n flink diens!
Skoonmaak Van Plaveisel
Eden Tuindienste maak ook geplaveide areas skoon met behulp van 'n hoëdruk waterspuit. Verder doen ons ook onkruidbeheer op plaveisel deur dit met 'n onkruiddoder te bespuit.
Verskuif van Tuinstrukture
As daar enige houtstrukture soos klimrame, boomstompe, houtbanke, en so meer in jou tuin is wat verskuif moet word, hetsy op dieselfde perseel, of na 'n ander perseel, laat ons span dit vir jou doen.
Skoonmaak van Geute
Voordat die nuwe reënseisoen begin, is dit nodig om blare en ander opgegaarde vuilighede wat verstoppings kan veroorsaak uit jou huis se geute te verwyder. Ons doen dit graag vir jou.
